GALLERY: Groot storm tref Rensburg Sondagaand

’n Storm wat Rensburg Sondag ongeveer 18:40 getref het, het skade aangerig en ook talle inwoners sonder krag gelaat.

’n Sterk stormwind het die Dennehof woonstelgebou in Suttmanstraat se dak op plekke afgeruk en bome is ook ontwortel.

Die daksinkplate is tydens die storm afgewaai.

Die sinkplate wat van die dak afgewaai het, het op kragkabels te lande gekom en veroorsaak dat Rensburg in die donker gelaat was.

Van die sinkplate het op kragkabels te lande gekom, wat tot die kragonderbreking gelei het.

Een van die inwoners van Dennehof, Susan van der Westhuizen, was besig in haar badkamer toe die wind die dak afgeruk het.

Susan van der Westhuizen se woonstel is een van die wat deur die storm beskadig was.

“Daar het ’n baksteen deur die dak geval en my met ’n sentimeter gemis,” het Van der Westhuizen aan HERAUT gesê.

Inwoners van die Dennehof woonstelgebou is veral deur die storm geraak.

Haar woonstel was heeltemal onder water en alles wat op die grond gestaan het is beskadig.

Ander inwoners en mense in die buurt het gehelp waar hulle kon om meubels uit te dra na ’n ander woonstel om te verseker dat die besittings nie verder beskadig word nie.

Die Dennehof Woonstelgebou se dak het groot skade gekry.

Van der Westhuizen het groot lof vir die nooddienste en die Lesedi Munisipaliteit gehad wat haar en ander inwoners vinnig te hulp gesnel het.

Patrolleerders van Heidelberg GPF en AfriForum Buurtwag het ook gehelp waar hulle kon.

Daar was ook ’n gat in die sitkamer se dak.

Daar was ook alternatiewe blyplek gegee, veral aan die inwoners dat deur die storm geraak was.

“Ek wil veral vir Clement Masinga van Lesedi Fire and Rescue bedank vir die vinnige hulp wat hy en sy span aan ons verleen het,” het Van der Westhuizen bygevoeg.

Waterskade in die woonstel se sitkamer is duidelik opmerkbaar.

“Ook vir die matrasse wat geskenk is sodat baie van die inwoners darem deur die nag droog kon slaap.”
Niemand het beserings opgedoen nie.

Die boom is ontwortel in Roetsstraat.
Die tak in Lovedaystraat in Rensburg het tydens die storm afgeruk.
Die dak sinkplate wat tydens die storm afgewaai was, het bygedra tot die kragonderbreking wat inwoners ervaar het.
Talle vertrekke in die woonstel gebou het waterskade opgedoen.
Die skade aan die sitkamer plafon is opmerbaar.
Die storm het skade in dele van Rensburg tot gevolg gehad.
Die kamer het waterskade gehad.
Exit mobile version