EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Heidelbergers geniet hulself gate uit

Met die pandemie wat daartoe lei dat inwoners minder as gewoonlik uitgaan, was die afgelope naweek soos manna uit die hemel.

Die Hervormde Kerk Heidelberg het op 29 Oktober ’n karnaval gehou.

Die geselligheid was net wat die gemeenskap nodig gehad het om bietjie uit te kom en met vriende en familie te kuier.

Eet- en drinkgoed was te koop. Lafenis teen die hitte was baie populêr.

Verskeie stalletjies en ander vermaak het gesorg dat almal besig gebly het.

Daar was iets beskikbaar vir die tuin, die huis en die kinders. Kustenaars kon ook hul skilderye uitstal.

Gaskunstenaar Ernie Bates het die besoekers vermaak.

Related Articles

Back to top button