Local newsNews

Tuinbouwenke vir Nigel VLU

Die VLU vrouens het op 14 Oktober weer vergader.

Die Nigel-tak van die Vroue Landbou-unie het Donderdag hul maandelikse vergadering gehou na ‘n paar maande wat hul vergaderings nie kon plaasvind nie.

Die maand se tema was Gemeenskapsbewustheid en gasspreker Rudolph Jonker het talle handige tuinbou wenke gedeel.

Jonker het sy wyshede oor ‘n verskeidenheid tuinbou-onderwerpe, waaronder die snoei van rose, die versorging van koelteplante en potplante, asook die hantering van indringerplante, met die vroue gedeel.

Lede van die tak kon ook elkeen ‘n spekboom van hul eie huis toe vat.

Die tak beplan ‘n boomplantdag en sien uit vir die streek- en takafsluiting wat beide in November plaasvind.

Related Articles

Back to top button