Local newsNews

Meals on Wheels breek grond vir groentetonnel

Die Meals on Wheels bestuur het op Woensdag, 6 Oktober die grond gebreek waar die groentetonnel gaan staan.

Meals on Wheels se Heidelberg tak het op 6 Oktober, danksy die hulp van verskeie belanghebbendes, die grond gebreek waarop dié organisasie ‘n groentetonnel gaan bou.

“Ons is opgewonde oor die projek,” meen Charl du Toit van Meals on Wheels.

“Wanneer die groente gereed is, gaan die projek ons in staat stel om baie meer vir ons gemeenskap op ‘n meer volhoubare manier te doen.”

Die organisasie beoog ook om die Sedaven hoër- en laerskool te betrek by die projek, tot voordeel van die skool en die leerders

Die projek het gerealiseer in samewerking met Element Six, wat deel vorm van Anglo American en De Beers, asook Edony, wie die grondbreek en arbeid geborg het.

“Die projek is volgens my die antwoord,” sê Dirk Venter van Element Six.

“As jy eers kos het, en jy kan dit groei al het jy nie geld nie, maak dit alreeds ‘n groot verskil.

Charl du Toit (links), Dirk Venter en Ian Grobler saam met Sedaven se skoolhoof, Liseteli Simulesi en Jessie Jamison van Anglo American.

“Die doel van die projek is om groente te kweek en kos aan verskeie sopkombuise en ander belanghebbendes te voorsien, en natuurlik ook om die plaaslike skoolkinders betrokke te kry.

“Ook om die gemeenskap te leer oor die tegniek om voedsel in ‘n boerdery tonnel te verbou.”

Die tonnel sal sowat 30m lank wees, 10m wyd en sowat 4.5m hoog.

“Ons sal natuurlik die tipes groente wat ons plant moet afwissel, omdat sekere groentes die voedingstowwe uit die grond uit trek, waar ander weer dit terug sit,” het Ian Grobler, die area direkteur van Meals on Wheels, vertel.

Die projek se bestuur beplan voorlopig om die tonnel in die week van 11 Oktober gebou te hê, waarna die besproeingstelsels in die daaropvolgende week geïnstalleer sal wees en die eerste groente geplant te kry teen einde Oktobermaand.

Thomas Madonsela het die grond gebreek en gelyk geskraap .

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button