Local newsNews

Helpende Hand vat hande met plaaslike organisasies

September was ’n maand van skenkings vir Helpende Hand in hul stryd teen armoede.

Die maatskaplike werker van Helpende Hand se Oosrand Streek, Charmanay Schoeman, asook die voorsitter van Helpende Hand se Heidelberg tak, Frik van Niekerk, het onlangs vergader met ses kerke en ander organisasies.

Die doel van die vergaderings was om gemeenskapsorganisasies en Helpende Hand die geleentheid te gee om ’n nouer samewerkingsooreenkoms te bereik.

“Dit was baie suksesvol,” het van Niekerk gesê.

“Daar is nou ’n kommunikasiekanaal geskep sodat meer organisasies kan saamwerk teen die stryd van armoede en behoeftige mense.

“Op die dag het Helpende Hand ook tekkies ter waarde van R9 000 aan die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) geskenk.

“Die skenking is bedoel vir die kind wat by die huis is en nie blootstelling kry van ’n skool of kleuterskool nie.”

Op 12 September het Helpende Hand ’n verdere skenking van lemoene gekry by ’n organisasie wat verkies om anoniem te bly.

Alida Hatting van die NG Kerk Rensburg en Frik van Niekerk van Helpende Hand met die skenking van mayonnaise.

“Ons kon onmiddellik die gemeenskapsleiers laat weet en het ons in groot getalle opgedaag by die skenker en kon sodoende meer as drie ton lemoene vervoer na Heidelberg vir ons behoeftiges,” het van Niekerk gesê.

Organisasies wat saamgewerk het en gedeel het in die skenking was:

• Meals on Wheels wat R4 800 se lemoene ontvang het.

• Die Pinkster Protestante Kerk Rensburg wat R3 200 se lemoene ontvang het.

• NG Kerk Rensburg het R1 600 se lemoene ontvang.

• SAVF wat ook R1 600 se lemoene ontvang het.

Op 28 September het Helpende Hand ook ’n skenking van naartjies ter waarde van R3 300 gekry en met die gemeenskap se hulp dit na Heidelberg vervoer.

Die plaaslike organisasies wat hierby gebaat het was Meals on Wheels, die SAVF en die Pinkster Protestante Kerk.
Die organisasie het ook op die dag ’n skenking van mayonnaise aan NG Kerk Rensburg gegee.

“Ons wil net alle gemeenskapleiers wat deel geword het van ons samewerkingsprogram bedank,” het van Niekerk gesê.

“Saam kan ons soveel meer doen.”

Helpende Hand nooi ander kerkleiers uit om deel van die gemeenskapsforum te word. Kerke wat belangstel kan vir van Niekerk by 079 220 5555 kontak.

Elmien van Zyl van die Heidelberg SAVF en Frik van Niekerk met die lemoenskenking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button