Local newsNews

Ondersteun fonsinsameling vir baba Marnu

Die fonsinsameling sal by die John Vorster Stadion gehou word.

Agt maande-oue baba Marnu Viviers, wat gebore is met brachycephaly en plagiocephaly sindroom, benodig die gemeenskap se ondersteuning en hulp.

Hy was ‘n brugbaba, wat beteken dat hy net in een posisie in die baarmoeder gelê het.

Dit het veroorsaak dat sy kop skeef gegroei het en dat hy nou ‘n kopskerm, oftewel, ortopetiese helm, benodig om sy kop reg te druk en kan moontlik verhoed dat Marnu later in sy lewe probleme soos epilepsie ontwikkel.

Vandat Marnu sy eerste helm ontvang het, het sy kop al heelwat verbeter maar daar is nog vele mediese onkostes wat deur die gesin gedek moet word.

Op 2 Oktober word daar ‘n fondsinsameling by die John Vorster Stadion vir baba Marnu gehou.

“Ons wil graag die ondersteuning van die gemeenskap vir die geleentheid vra,” sê Morgan Enslin, een van die organiseerders.

Die fonsinsamelinggeleentheid sal om 08:00 begin en om 14:00 eindig.

Daar sal verskeie stalletjies wees om te ondersteun asook optredes deur verskeie kunstenaars vir die vermaaklikheid van die gehoor.

Verskeie opwindende kompetisies sal ook op die dag gehou word soos die van ‘hotdog eet’-kompetisie waarvoor pryse gewen kan word.

Diegene wat hul voertuie gewas wil hê sal dit ook op die dag kan laat doen, en die wat nog nooit ‘n rit in ‘n rally motor ervaar het nie sal ook op die dag die geleentheid kry as passassier.

“Ons hoop die gemeenskap sal die geleentheid ten volle ondersteun sodat baba Marnu die beste hulp moontlik kan kry,” het Enslin gesê.

Vir enige navrae rakende die geleentheid of om stalletjies te boek, kontak vir Enslin by 074 869 0615.

Related Articles

Back to top button