Local newsNews

Oupa Ben is oorlede

Barend Kleynhans, wat op 26 Januarie sy 95ste verjaarsdag gevier het, is op 25 Augustus oorlede.

HERAUT het in Maart berig van Barend wat gespog het met sy verjaarsdagkoek wat hy nog self gesny en bedien het.

Oupa Ben, soos wat menigte hom geken het, was gewild vir sy staaltjies wat hy graag vir gaste vertel het.

“Oupa Ben was ’n nederige mens en ’n goeie voorbeeld en mentor vir die mense wat hom geken het,” het Ben Swanepoel, sy stiefseun gesê,

Hy het vertel dat Oupa Ben ’n man van integriteit met ’n groot liefde vir sy naaste was.

“Hy het nooit ’n lelike woord teenoor ander ge-uiter nie,” het hy bygevoeg.

Oupa Ben se vrou is vier jaar gelede oorlede.

“Sy lyf was moeg en hy het lank gewag om met sy vrou verenig te word,” het Carina Fourie, wat Oupa Ben as haar eie oupa aangeneem het, vertel.

“Ons gaan hom baie mis. Sy liefde vir almal en vriendelike gesig, maar ons weet hy is saam sy vrou by sy Hemelse Vader,” het Ben afgesluit.

Oupa Ben se begrafnisdiens het op 6 September vanuit Koppies, waar sy geliefde vrou begrawe was, plaasgevind.

95 goue jare vir Oupa Ben

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button