Local newsNews

Droomrokke bekombaar vir matrieks

Helpende Hand help talle matrieks om hul droomrokke vir die jaar se matriekafskeid te kry.

Met die jaar se matriekafskeid om die draai, en talle matriekleerders wat nie weet waar hulle hul rokke sal kan kry vir die geleentheid nie, het Solidariteit Helpende Hand ’n landswye projek van stapel gestuur vir die doel.

Projek Droomrok, soos Frik van Niekerk van Helpende Hand Heidelberg dit noem, was van stapel gestuur omdat die organisasie besef het hoe belangrik dit is vir jong meisies om hul matriekafskeid nie net spesiaal te maak nie, maar ook altyd te onthou.

Sangeres en liedjieskrywer Demi Lee Moore ondersteun ook die projek en het reeds verskeie van haar eie rokke aan Helpende Hand Nasionaal geskenk.

Die matriekafskeid is die afsluiting van 12 jaar se harde werk en is n tyd om terug te kyk en trots te wees op al die prestasies wat bereik is, terwyl daar ook uitgesien word na die toekoms.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om ons in die projek te ondersteun,” het Van Niekerk gesê.

Enige ou matriekafskeidsrokke of selfs gewone aandrokke kan aan Solidariteit se Ons Winkel geskenk word.
Matriekmeises wat ’n rok sou benodig kan dan n rok by Ons Winkel, geleë te Pretoriusstraat 50, gaan kry.

Die rokke sal egter ook gratis beskikbaar wees, die meisies sal net versoek word om die droogskoonmaak van die rok self te betaal.

Helpende Hand se Ons Winkel ontvang geen ander inkomste as donasies nie, en alle skenkings word vir die aankoop van nodige hulpbronne gebruik.

Vir meer inligting oor die projek kan Ons Winkel Heidelberg se Hanté du Toit by 081 276 9143 of Frik van Niekerk by 079 220 5555 gekontak word.

Ons Winkel in Heidelberg is geleë te Pretoriusstraat 50.

Related Articles

 
Back to top button