Local newsNews

Dansers vind middellyn weer in ateljee

In die onsekere dae van die pandemie heers daar ’n eerbiedige stilte oor die land.

Stilte vir dansers is een van die moeilikste dinge om te bemeester en verlengde periodes van stilte kan vir dansers onproduktief voel.

“Beweging is die medium waardeur dansers energie weerspieël en emosie uitdruk. Ons vermoë om te beweeg is ’n kernkomponent van ons identiteit. Ons voel dikwels nie heeltemal lewendig as ons nie aan die beweeg is nie,” het Letisha Nel van Zoë Dance Studio vertel.

Kaylee Bruyne

Wêreldwyd moet almal opofferings vir die groter veiligheid en groei van die samelewing maak en by Zoë Dance Studio is dit ook hul prioriteit.

“Veiligheid eerste,” het sy gesê.

Dané Marais

Nel het dansers daaraan herhinder dat hul geleer is om gewig van voet na voet te skuif, spoed en rigting te verander, hoe om terugvoer en korreksies te hanteer en aanpassings te maak. Vaardighede wat in ’n dansateljee geleer is en wat nou handig te pas sal kom in die dag-tot-dag aanpassings van die lewe.

“Al voel dit nie so nie sal jy weer jou swaartepunt vind, jou middellyn waar alles weer sin maak,” het sy gesê.

Nadia Grobler

“Teaters en ateljees is net geboue en alhoewel teaters nou donker is, is die hoop waaraan ons vashou, die feit dat sodra die donker ure verby is, ons, as kunstenaars, ’n roeping sal hê om te doen wat ons die beste doen: om weer mooi en lig en lewe te gee, wêrelde te skep en daarmee saam die dagbreek te bring.”

By Zoë Dance Studio probeer hul ook ’n nuwe normaal vind. Deur die laaste maand en vlak vier grendeltyd het studente by die huis deur Zoom- en video-klasse geoefen.

Vanaf Augustus kan dansers uitsien om met alle Covid-regulasies en -protokolle in plek terug te kan keer na die ateljee.

Zelincha Grobler

“Ons balletstudente het verlede kwartaal ’n aanlyn balleteksamen afgelê met pragtige uitslae. Ons begin dus ons nuwe balletjaar by Zoë Dance Studio. Ons hip-hoppers het hard gewerk aan die komende WX Hip-Hop eksamen in Augustus,” het Nel genoem.

Inskrywings is nou oop.

Vir almal wat belangstel om aan te sluit, kontak Letisha Nel by 071 382 3209.

Zoë Nel

Related Articles

Back to top button