Local newsNewsSport

Gimnaste oefen onder streng maatreëls

Die gimnaste van Nigel laat hulle nie deur Covid onderkry.

Die gimnaste van die Nigel Gimnastiekklub oefen steeds volstoom met aangepaste oefenprogramme en klubregulasies.

Die land was op 11 Julie vir ’n verdere twee weke op aangepaste vlak vier regulasies gesit.

Charlene Maritz, hoofafrigter van die klub, meen dat die aangepaste regulasies wel die beoefening van die sport affekteer.

“Ons klub is nog oop, aangesien ons ’n nie-kontak sport is,” het Maritz verduidelik.

“Maar ons neem die regulasies baie ernstig op en oefen dus onder baie streng protokolle.”

Maritz meen dat alle gimnaste ten minste 4m uitmekaar oefen met hul maskers aan.

Elke apparaat en toestel wat gebruik word, word ook na elke gebruik ontsmet.

“Die gimnaste se hande word ook na elke beurt ontsmet, en ons klub se paviljoene en badkamers word na elke sessie skoon gemaak en ontsmet,” het Maritz gesê.

“Ons rig ook af met ’n ‘hands-off’ benadering op die oomblik.

“Die impak op ons gimnaste is natuurlik ook redelik groot, nie net omdat ons nie mag kompitisies hou of bywoon nie, maar ook omdat daar baie onsekerheid is.

“Baie min van die kinders oefen op die oomblik as gevolg van hierdie onsekerheid. My boodskap aan die gemeenskap is dat oefening baie belangrik is.

“Nie net vir fisiese gesondheid nie, maar ook vir ’n mens en veral vir kinders se emosionele welstand. Bly gesond en hou aan oefen.”

Vir meer inligting kontak Maritz by 082 303 6192.

Related Articles

Back to top button