Local newsNews

Rolbalklub vertel oor hul Covid ervaring

Die Nigel Rolbalklub is nog oop vir spelers, maar slegs per afspraak.

Talle sportsoorte, veral kontaksporte, is alreeds stop gesit vanweë die derde golf van die pandemie wat tans woed.

HERAUT het by die Nigel Rolbalklub gaan hoor hoe die inperking nie-kontaksporte soos rolbal affekteer.

“Die rolbalklub is nog oop,” het Willem de Beer van die klub vertel.

“Maar ons moes baie van ons regulasies aanpas om ons spelers veilig te hou.”

Spelers kon vanaf die aangepaste vlak vier regulasies slegs per afspraak die bane gebruik en daar moet ‘n baan oop wees tussen verskillende groepe.

Johann Eckerman vroeër vanjaar by die klub se opedag.

“Ons probeer maar ook om die spelers veilig te hou deur getalle te beperk,” het de Beer gesê.

“Slegs twee spelers word tans per baan toegelaat soos vereis deur Bowls South Africa.”

De Beer meen dat die effek van die nuwe regulasies nie ongesiens verby gaan nie.

“Baie van ons spelers wil nie op die oomblik kom speel nie,” vertel hy.

“Die klub se kroeg is toe weens die verbod op alkohol en daar was alreeds vir die afgelope twee weke nog geen speler by die bane nie.

“Alhoewel ons gefrustreerd is met die situasie is daar nie juis iets wat ons kan doen nie, behalwe om ons kant te bring en die reëls en regulasies na te kom.

“Ons sal maar net moet wag en sien wat volgende gebeur.”

Willem Botha het ook deelgeneem aan die opedag vroeër vanjaar.

Related Articles

Back to top button