Local newsNewsSchools

Hoe die pandemie skole raak: ‘n skoolhoof se oogpunt

Die pandemie het ’n reuse invloed op skole en leeders, wat nie ongesiens verby gaan in klein dorpe nie.

Die pandemie het alreeds ’n impak op die land, en aan die begin was die uitwerking hiervan op kinders nog onbekend en die onmiddelike reaksie was om kinders veilig te hou en skole te sluit.

Volgens ’n studie wat gedoen was by die Universiteit van Stellenbosch deur Servaas van der Berg, het skoolgaande kinders tussen 30 en 60 dae van skool verloor in 2020, afhangende van hul ouderdomme en grade.

Onderwysers het ook gesukkel om deur hul leerplanne te kom wat gapings in kinders se opvoeding gelos het.

HERAUT het met Laer Volkskool se skoolhoof, Piet Strydom, gesels om sy opinie rakende die impak van die pandemie op kinders se opvoeding te hoor.

“Die pandemie het beslis ’n effek gehad op die wyse waarmee kinders leer,” het Strydom vertel.

“Ons was gedwing om ons manier van onderwys in ’n baie kort tydperk te verander.

Leerders van Laer Volkskool word aangemoedig om harder te werk om deur die kurrikulum te kom vanweë vrese van nog ‘n inperking.

“Dit het nie net ons leerders geaffekteer nie, maar ook ons onderwysers. Ons is gelukkig om ’n skitterende beheerliggaam by ons skool te hê wat ons personeel ondersteun om op Microsoft Teams onderrig te verskaf tydens die inperkingsperiode.”

Strydom meen dat die skool vanjaar gebruik sal maak van beide Microsoft Teams en Wolkskool vir onderrig doeleindes.

“Die agterstand wat ons agtergekom het lê by die inskerping van vaardighede,” het Strydom verdudelik.

“Alhoewel ons alle teoriewerk gedek het, het ons ’n leemte vir die inskerping van vaardighede opgelet.
“Veral met die oog op vanjaar se graad eens en twees, het ons voltydse remediërende onderwysers aangestel wat met die kinders op ’n daaglikse basis werk om hierdie inskerping vas te lê.”

Die skool se plan die jaar is grootliks om te verseker dat hul graad een leerders elke dag onderrig ontvang.

“Al ons graad een leerders is elke dag terug by die skool,” het Strydom uitgebrei.

“Ons sal nie sommer weer toelaat dat ons graad eens afwisselende onderwys ontvang nie. “Dit is vir ons onsettend belangrik dat leerders elke dag onderrig moet ontvang.

“Indien die situasie sodanig verander, sal ons eerder kyk na ’n sisteem waar die helfte van ons leerders in die oggend onderrig ontvang en die ander helfte in die middag.

“Dit is vir ons ontsettend belangrik dat leerders elke dag by die skool moet wees om juis die vaardighede vas te lê.”

Strydom het ook uitgebrei op die impak van die pandemie wat die land se skole eers later aan sal begin opmerk.

“Skole wat byvoorbeeld nie ’n goeie ondersteuningsraamwerk het nie sal die impak veral oplet omrede hul leerders nie noodwendig hul vaardighede sou kon inskerp nie,” het hy vertel.

“Dit is waarom dit baie belangrik is dat ’n skool se beheerliggaam saam met die skool se bestuur pro-aktief moet beplan om sodoende die ondersteuningsraamwerk te versterk.”

Strydom het ook aangedui dat die skool Covid-19 gevalle in ernstig opneem, en dat ouers konstant op hoogte gehou word indien daar ’n geval opgemerk is.

“Dit is gelukkig dat die president die skole vroeër gesluit het vir die wintervakansie omdat heelwat personeel en leerders in die afgelope tyd positief getoets het,” het hy gesê.

“Ons moet nou vir ons kinders wys dat daar wel hoop en ’n toekoms is.

“Kinders doen wat hul sien ons as volwassenes doen.

“Daarom is dit belangrik dat ons vir hul hoop moet gee, wees altyd positief en wees deel van jou kind se lewe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button