Local newsNews

Balfour Hengelklub trek groottes uit

Balfour Hengelklub durf die koue langs die Vaaldam aan.

Die Balfour Hengelklub het op 12 Junie ’n kompetisie by Klein Rosslee by die Vaaldam gehou.

Sowat 28 lede van die klub het die dag met groot afwagting aangepak en het uiteindelik 140 visse, met ’n totale gewig van ongeveer 191.96kg, aan die hoek gekry.

Die wenners was (die plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans: James Walker (11 visse met ’n gewig van 15.115kg), Boetie Hassen (10 visse met ’n gewig van 14.283kg) en Jurie Jacobs (sewe visse met ’n gewig van 15.472kg).

• Vroue: Sonja Brits (vyf visse met ’n gewig van 11.098kg), Darell Roos (vyf visse met ’n gewig van 6.460kg) en Zaskia Schutte (vyf visse met ’n gewig van 6.404kg).

• Juniors: Kallie Kriel (sewe visse met ’n gewig van 15.251kg), Harald van der Merwe (sewe visse met ’n gewig van 8.186kg) en Arno Pretorius (vier visse met ’n gewig van 2.904kg).

Schutte het ook die swaarste karp (3.160kg) van die kompetisie gevang.

Jacobs het die swaarste graskarp (8.025kg) gevang.

Hassen het die swaarste moddervis (0.850kg) uit die water getrek.

Lukas Stoltz het die swaarste geelvis (0.622kg) gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal by Steyns by die Vaaldam op 10 Julie plaasvind.

Vir meer inligting kontak vir Lukas Stoltz by 084 757 6058.

Jurie Jacobs, wat hier met ‘n graskarp staan, het ‘n derde plek verower.

Related Articles

Back to top button