Local newsNews

Mostert wen met 12 sekondes om te spaar

Mostert het met 12 sekondes die wedren gewen.

Hennie Mostert (22) het op 6 Junie ’n eerste plek verower tydens ’n wedren wat by Witklip naby Bronkhorstspruit plaasgevind het.

Mostert het die eerste plek in die B-klas van die kompetisie en ’n tweede plek in die A-klas verower.

Mostert het die wedren as baie goed beskryf, aangesien sy motor in die vorige wedren tegniese probleme gehad het.

“Hennie het baie goed gedoen en sy kar ook,” het Fred van Zyl, Mostert se oupa en gesoute renjaer, namens sy kleinseun gesê.

“Die baan was nie so rof soos van die vorige bane wat ons al teegekom het nie. Die baan was boonop baie goed uitgemerk, wat vir Hennie tot voordeel was en dus kon hy maklik ’n hoë spoed bereik.

“Ek dink hy het ’n spoed van 175km per uur bereik teen 7 000 rotasies in vyfde rat.”

Mostert het met ’n volle 12 sekondes die wedren gewen.

Related Articles

Back to top button