Local newsNewsUpdate

Fondsinsameling vir Marnu uitgestel

Marnu Viviers, wat ses maande oud is, benodig die gemeenskap se hulp.

’n Fondsinsameling vir Marnu Viviers, wat op 15 Junie sy ortopetiese helm ontvang het, sou op 3 Julie plaasgevind het.

Die fondsinsameling is weens die nuwe Covid-19 regulasies uitgestel.

Marnu is met die brachycephaly en plagiocephaly sindroom gediagnoseer, wat beteken dat sy kop skeef gevorm het tydens sy ontwikkeling en het die helm nodig om te help dat sy kop in die regte vorm groei.

Die helm kan moontlik verhoed dat Marnu later in sy lewe probleme soos epilepsie ontwikkel.

Die helm het vir sy ouers, Annesta en JP, R12 000 uit die sak gejaag aangesien hul mediese fonds dit nie gedek het nie.

Met die hulp van die gemeenskap kon sy ouers die helm bekom.

“Ons wil ons opregte dank aan die gemeenskap uitspreek,” het Annesta gesê. “Dit was wonderlik om te sien dat mense ingespring en hulp aangebied het, al ken hulle ons nie regtig nie.

“Ons wil nou ’n fondsinsameling hou wat sal help vir Marnu se verdere mediese onkostes.”

Marnu moet egter nog fisioterapie ontvang en ’n dokter in Pretoria sien. Die noodsaaklike prosedures word ook nie deur die gesin se medies gedek nie.

Die gesin hoop dat die fonsinsameling hulle sal help om die brandstofkostes vanaf Heidelberg na die dokter in Pretoria sal dek.

Die fondsinsameling sal agter die Angelo SPAR plaasvind, waarby sangers Morgan Enslin, Charl Botha en Ean Cronje gaan optree.

Die dansgroep Morgan’s Crew gaan ook optree.

Daar sal ’n karwas beskikbaar wees, asook kos, koeldrank en ander stalletjies vir die publiek om te geniet.
Gesoute renjaer Fred van Zyl daag alle jaagduiwels in die dorp uit om hul motors en bestuursvermoë die dag te kom uitbeeld.

“Mense wat wil weet hoe voel dit om in ’n resiesmotor te jaag, kan op die dag saam met my in my kar ry vir ’n fooi ten bate van Marnu,” het Van Zyl gesê.

Vir meer inligting kan Morgan Enslin by 074 869 0615 gekontak word.

Related Articles

Back to top button