Trienie vier 80ste saam Happy Girls

Trienie Kotze vier haar 80ste saam vriendinne van meer as 50 jaar.

Trienie het op 22 Junie haar 80ste lewensjaar gevier saam met ’n groep vriendinne wat hulself as die Happy Girls gedoop het.

Die groep vriendinne kom een maal ’n maand bymekaar vir ’n ete, gesels, lag en pret, vandaar die groep se naam.

“Ek is geseënd om sulke jare-lange vriendinne te hê. Omdat ons al vir soveel jare vriendinne is, voel ons meer soos familie,” het Trienie gesê.

Altwee Trienie se kinders was in kwarentyn as gevolg van Covid-19 en kon nie die dag saam met haar vier nie.

“Die Happy Girls het darem gesorg vir ’n pragtige tafel en ’n baie lekker verjaarsdag al was my hart seer omdat ek nie my kinders kon sien nie,” het Trienie genoem.

Exit mobile version