Local newsNews

Nigel VLU geniet gesellige vergadering

Die volgende vergadering sal op 12 Augustus om 10:00 plaasvind.

Die vroue van die VLU Nigel-tak het op 10 Junie hul maandelikse vergadering gehou.

Gaste wat die vergadering bygewoon het was Wilma le Roux, Mariaan Steinhóbel, Antoinettie Fouché asook gasspreker Veronica Swanepoel Olivier.

Veronica, wat in Heidelberg woon, is wêreldwyd bekend vir haar kunswerke, waarvan sommige gepubliseer is in ’n koffietafelboek in Amerika.

Susan Valentin (links) wens die lede, Carolien Rossouw en Ronel Lombaard geluk met hulle verjaarsdae.

“Wat ’n merkwaardige vrou,” het Anna-Marie Axer vertel.

“Sy het die dames aan haar voete gehad met alles wat sy doen, sy bied selfs klas aan in omtrent enige kunsrigting. Ons was bevoorreg om haar as spreker te kon geniet.”

Aangesien daar nie krag die oggend was nie, moes die Voël van die Jaar-tema wat behandel sou word by die vergadering oorstaan na die volgende een wat eers in Augustus sal wees.

Die volgende vergadering sal op 12 Augustus om 10:00 plaasvind.

Skakel vir Axer by 082 886 2002 vir meer inligting.

Een van die VLU Nigel-tak se lede, Suzanne Drotsky, het onlangs haar stryd teen kanker verloor. ’n Huldeblyk was by die vergadering opgestel in haar eer.

Related Articles

Back to top button