Local newsNews

Damduikers ruil visstokke vir braaitange

Die hengelklub het die fondsinsameling gehou met die oog op hul volgende kompetisie.

Die Damduiker Hengelklub het op 5 Junie ‘n fondsinsameling vir hul klub gehou.

Die fonsdinsameling geleentheid het buite die Alra Park se gemeenskapsentrum plaasgevind, waar die gemeenskap hul kon ondersteun.

“Ons het die fondsinsameling gehou met die oog op ons visvangkompetisie in September,” vertel Dominic Magalhaes van die hengelklub.

“Ons wil graag verseker dat almal die kompetisie kan bywoon. Ons wil ook dankie sê aan elkeen wat ons op die dag kom ondersteun het,” het Magalhaes namens die klub gesê.

Hy het ook vir André Valla vir die borgskap van die klub se nuwe spandrag bedank.

Die volgende visvang byeenkoms sal op 26 Junie plaasvind. Vir meer inligting kontak vir Magalhaes by 062 745 0779.

Related Articles

Back to top button