Local newsNews

Helpende Hand reik uit na gestremdes

Solidariteit Helpende Hand het vitamiene aanvullings asook pynappels aan die dagsorgsentrum geskenk.

Die Masincedane Helpmekaar Dagsorgsentrum het op 1 Junie ‘n skenking van vitamiene aanvullings sowel as pynappels van Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak ontvang. Die dagsorgsentrum bied aan gestremde inwoners die geleentheid om aan allerlei projekte en selfs uitstappies deel te neem.

“Die oorspronklike skenking is deur Helpende Hand se Oosrand-tak ontvang voor hulle dit onder verskeie van ons takke verdeel het,” vertel Frik van Niekerk, ’n senior bestuurslid van die tak.

“Ons wil ons opregte dank aan al die maatskappye wat vir ons gemeenskap omgee en so uitreik na ons gestremde inwoners, kinders en bejaardes, graag uitspreek.”

Helpende Hand het ook ’n finansiële bydrae aan die sentrum gemaak, en hoop dat die gemeenskap in hul voetspore sal volg.

Die jaarlikse fondsinsameling, waarvan die dagsorgsentrum finansieël afhanklik is, moes weens die nuutste Covid-19 inperkings en regulasies afgestel word.

Jaco van der Walt, ‘n inwoner van die Masincedane Helpmekaar Dagsorgsentrum met ‘n pakkie vitamine wat aan die sentrum deur Helpende Hand geskenk is.

Die fondsinsameling sou ’n gala aand wees met die Afrikaanse sanger, Appel wat as gaskunstenaar sou optree.
Persone wat reeds kaartjies gekoop het kan hul geld terugkry.

‘n Virtuele konsert saam met Appel word nou vir 18 Junie beplan.

Die gemeenskap sal betrokke kan raak deur lootjies te koop, aan ‘n veiling deel te neem, advertensies te koop of donasies aan die sentrum te skenk.

Vir enige finansiële bydrae tot die dagsorgsentrum, kontak vir van Niekerk by 079 220 5555.

Vir meer inligting oor die virtuele geleentheid kontak vir Christine Kruger, die direkteur van Masincedane Helpmekaar Dagsorgsentrum, by 083 468 3358.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button