Local newsNews

Van ‘potholes’ tot ‘potplante’ in Rensburg se slaggate

Die lang regop plante was ‘n duidelike waarskuwing vir motoriste om die slaggate te vermy maar beslis nie die oplossing vir hierdie langduringe frustrasie nie.

HEIDELBERG – Inwoners van Rensburg het op ‘n kreatiewe wyse hul frustrasies met die slaggate ge-uiter nadat hulle die afgelope naweek plante in die slaggate in Jopie Fouriestraat geplant het.

Die lang regop plante was ‘n duidelike waarskuwing vir motoriste om die slaggate te vermy maar beslis nie die oplossing vir hierdie langduringe frustrasie nie.

HERAUT het die kreatiwiteit omstreeks 12nm op Saterdagmiddag gaan afneem en tydens dit het Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LLM) se bakkie gestop, materiaal afgelaai en gereed begin maak om die slaggate te vul en die ‘potplante’ te verwyder.

LEES OOK: 

 Potholes – get used to it says LLM

Mluleki Nkosi, burgermeester van LLM, het op 8 April sy dienslewering padskou begin en het aan HERAUT in die uitggawe van 14 April vertel dat LLM genoeg werknemers het om die infrastruktuur te onderhou en dat hy persoonlik die werkers sal monitor wat veral verantwoordelik is om die slaggate reg te maak.

Na aanleiding van die LLM werkers wat op Saterdag 29 Mei ingespring en begin het om die slaggate reg te maak, wil dit dalk blyk of Nkosi wel by sy voorneme hou.

Related Articles

Back to top button