Local newsNews

Rensburg VLU kuier in Vaal Marina

HEIDELBERG – Die dames moes optooi vir die dag met ’n hoed, en omdat die tema Glimlag was, moes elkeen ’n grappie saam bring.

Die dames van Rensburg VLU het op 18 Mei by die huis van Jeanie Boshoff in Vaal Marina hul maandelikse vergadering gehou.

Die dames moes optooi vir die dag met ’n hoed, en omdat die tema Glimlag was, moes elkeen ’n grappie saam bring.

Nadat die verrigtinge op tradisionele wyse geopen is met skriflesing en gebed het Marty Jerling, voorsitter, die lede en gaste verwelkom en veral vir Elize van Biljon, die VLU streekvoorsitter, wat die dag saam met die Rensburg-tak geniet het.

Van die lede het ingeskryf vir kongres items en Marty het vertel van die E-kongres wat op 19 Mei sou plaasvind waartydens dit ook die prysuitdeling sal wees.

Jeanie Boshoff was die gasvrou by die Rensburg VLU se vergadering op 18 Mei. Die tema van die dag was Glimlag.

Sy het versoek dat lede jaarliks ten minste drie items moet instuur vir die kongres. Lede het ook ’n geleentheid om as beoordeelaars opgelei te word.

Die projek van die dag was om klein skinkbordjies te verf wat as ’n ‘coaster’ kan dien. Terwyl die dames hul skinkbord-projek aangepak het, het hul grappies gedeel en die dag is met glimlagte afgesluit.

Die Rensburg VLU dames wat tydens hul maandelikse vergadering wat op 18 Mei plaasgevind het, opgetooi het met ’n hoed. Die dames het elk ’n klein skinkbord gekry om te verf of versier wat gedien het as hul projek vir die dag.

Die fondsinsamelingsprojek wat in September sou plaasvind is vir eers uitgestel na volgende jaar. Die projek wat deur skoliere en ouers ondersteun word, is as gevolg van Covid-19 protokols op samedromming van mense nie moontlik die jaar nie.

Die volgende vergadering sal op 8 Junie by Elmarie Eygelaar se huis plaasvind.

Carol du Plessis, skakelbeampte, kan vir meer inligting by 083 233 9624 gekontak word.

Related Articles

Back to top button