Moedersdag, wat op 9 Mei gevier is, was spesiaal by Die Nigel Tuiste vir Bejaardes.
Beide die inwoners en die personeel is deur die Rotariërs asook deur twee susters, Joey Wessels en Enith Hall, bederf toe daar geskenkpakkies en roomys was op die dag uitgedeel is.
“Ons was aangenaam verras,” het Marlene Primo, ’n maatskaplike werker vir die tuiste, gesê.
“Die gedagte en die moeite word opreg waardeer.”