Skoonmaakgroep rol moue op

Die groep het onlangs ook die monument langs die dorp se biblioteek skoongemaak waar haweloses en rondlopers dit vervuil het.

Die I love Nigel groep het hulself Saterdag weer toegespits daarop om die area rondom die oorlogsmonument, wat vroeër ook een van die skoonmaakprojekte was, op te ruim.

“Ons het die Vrydagaand laat ’n oproep gekry van Shaun Bamford, die hoof van NCOP, wie aan ons gerapporteer dat die oorlogsmonument weer eens gevandaliseer en vervuil word,” het Aileen Ceronio, woordvoerder vir die groep, verduidelik.

Volgens Ceronio is die groep Saterdagoggend met hul aankoms gedreig deur leeglêers wat nog in die omgewing was. Ceronio het verduidelik dat die hawelose mense vure by die monument maak en die plek besaai met gebreekte bottels en ander rommel.

Die monument was besaai met gebreekte bottels, klere en ander rommel.

Dit het die groep tot ongeveer 4nm geneem om die monument weer skoon te kry.

“Ons is baie dankbaar vir elkeen wat bydra tot die netjies maak en onderhouding van ons dorp,” het Ceronio gesê.
“Van ons vorige planne het klaar gerealiseer.

“Ons het die area agter John Vorster Stadion skoongemaak, ’n werkende hek installeer asook die slaggate by die stadion reggemaak.

Jake Ceronio, die voorsitter van I love Nigel, wys na die vullis by die oorlogsmonument.

“Dit is ons hoop dat meer mense by die inisiatief sal aansluit en ons help om ons dorp weer netjies te maak.

“Ons vra ook dat mense hul oë en ore sal oop hou en insidente soos die van die monument rapporteer, sodat dit gehanteer kan word.”

Die oorloogsmonument was vir ’n tweede maal deur die I love Nigel groep skoongemaak.
Exit mobile version