Local newsNews

Klub katrol 210 visse in

Hengelaars het die kompetisie met groot gees aangedurf.

Die Balfour Hengelklub het op 1 Mei ā€˜n kompetisie by Kees van der Walt langs die Vaaldam gehou.

Altesaam 25 lede van die klub het aan die kompetisie deelgeneem. Die lede het gesamentlik 210 visse uit die water getrek, met ā€˜n totale gewig van 130.95kg.

Die wenners van die kompetisie was soos volg (die plekke word van eerste na derde aangedui):

ā€¢ Senior mans: Jaco van der Merwe (23 visse met ā€˜n gewig van 35.86kg), Sarel Stoltz (17 visse met ā€˜n gewig van 8.783kg) en Hennie Brits (18 visse met ā€˜n gewig van 7.064kg).

ā€¢ Vroue: Riette Dercksen (14 visse met ā€˜n gewig van 12.728 kg), Zaskia Schutte (15 visse met ā€˜n gewig van10.716kg) en Darell Roos (14 visse met ā€˜n gewig van 5.68kg).

ā€¢ Juniors: Pieter Taljaard (agt visse met ā€˜n gewig van 3.513kg), Mhieke Nolte ( een vis wat 2.871kg geweeg het) en Jayden Nolte (drie visse met ā€˜n gewig van 0.595kg).

Riette Dercksen saam met haar sak vis wat vir haar ‘n eerste plek besorg het.

Jaco van der Merwe het die swaarste karp (2.925kg) uit die water getrek.

Hy het ook die swaarste moddervis (0.654kg) asook die swaarste baber (4.778kg) kant toe gebring.

Pieter Swanepoel het die swaarste graskarp (3.078kg) gevang. Piet Taljaard het die swaarste geelvis (0.526kg) uitgetrek.

Die klub se volgende kompetisie sal 12 Junie by Rosslee by die Vaaldam gehou word. Vir meer inligting kontak vir Lukas Stoltz by 084 757 6058.

Related Articles

Back to top button