Local newsNews

Malgas loods debuut enkelsnit

Malgas sing al sedert hy agt jaar oud is.

Trevor Malgas (42) het onlangs sy debuut enkelsnit vrygestel.

Hy het die mylpaal, wat by Cafe 59 plaasgevind het, saam met vriende en familie gevier.

“Die lied, Jesus red my, is nie net ’n lied nie,” meen Malgas se vrou, Zenobia.

“Dit is ’n boodskap dat Jesus jou verlos ten spyte van wie jy is.”

Malgas woon al vir die afgelope 13 jaar in Nigel en is in Namibië gebore.

Hy werk tans in die konstruksie bedryf.

Malgas het sy talent vir sing op die ouderdom van agt ontdek, en was deur sy pa aangemoedig om sy liefde en passie vir musiek uit te leef.

“Trevor het al voorheen liedere geskryf wat alreeds regoor die land gespeel word,” het Zenobia gesê.

“Maar dit is die eerste keer wat hy dit amptelik vrygestel het.”

Vir Malgas beteken die vrystelling dat hy sy musiek op ’n besondere wyse as nagedagtenis vir sy kinders en kleinkinders kan agterlaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button