Balle rol by opedag

Die rolbalklub het onlangs weer geopen nadat herstelwerk aan die klubhuis en kroeg gedoen is.

Die rolbalklub het op 27 April ’n opedag aangebied waar die publiek saam met lede van die klub die dag kon geniet.

Inwoners van Nigel, Heidelberg en Springs het hul moue opgerol om saam te speel.

Spanne was lukraak ingedeel, met die eerste balle wat omstreeks 10vm gerol het. Na afloop van die eerste rondte het die besoekers gesellig verkeer tot die afskop van die tweede rondte wat tot ongeveer 5nm geduur het.

Willem Botha het ook die dag geniet.

Daarna is die vure aangesteek en kon die besoekers saam met die klub ’n bring-en-braai geniet om die dag mee af te sluit.

“Ons hoop is dat meer mense by die klub sal kom speel,” het Willem de Beer van die klub aan HERAUT gesê.

“Belangstellendes hoef nie lede te wees nie, ons wil net hê mense moet die sport saam met ons kom geniet.”

Die dag het vir pret en vriendelike kompetisie gesorg.

Die klub het ook onlangs herstelwerk aan die klubhuis gedoen en die bestuur hoop dat die vernuwing van die klub die publiek sal aanspoor om in te skakel.

“Ons het ook talle planne om die sport verder aan te moedig,” het de Beer gesê.

“Dit sluit in om skole in die omgewing te betrek deur middel van ’n skole-liga, asook besighede, deur ’n besigheisdliga.

Jonger spelers, soos Liam Thanasaras wat hier besig is om sy beurt af te lê, word ook aangemoedig om met die sport te begin.

“Daar sal by die verskeie ligas ook afrigting gebied word.

“Die bane is toeganklik vir enigeen wat sou wou oefen of speel. Ons kom boonop gereeld bymekaar om die sport te geniet.”

Die klub, wat tans 40 lede het, nooi alle belangstellendes uit om deel te word van die sport.

Vir enige verdere navrae kontak vir Willem de Beer by 083 285 3759.

Talle inwoners van Nigel asook Springs en Heidelberg het die dag deelgeneem aan die opedag se pret.
Exit mobile version