Local newsNews

Laerskool AG Visser hou veiling

Laerskool AG Visser in Heidelberg se veiling was ’n sukses.

Laerskool AG Visser se veiling wat op 20 April gehou is, was ’n sukses.

Talle plaasdiere is op die dag by Heidelberg Afslaers opgeveil.

Leerders van die skool kon die dag saam met hul onderwysers en die publiek geniet. Saam met die opwinding van die veiling was daar ook vele kosstalletjies om die skare se honger in toom te hou.

Die dag was vir die skool ’n sukses.

Diegene wat wou kon ook aan ’n lootjietrek-kompetisie deelneem, waar hulle ’n kans gestaan het om vleispakke te wen.

Die wenners van die lootjietrek-kompetisie was Rob Henderson, Chris Gryffenberg en Cobie van Zyl.

Beeste en ander diere kon op die dag opgeveil word.
Laerskool AG Visser se skoolhoof, Selma Marx, het die dag saam met die leerders en ouers geniet.
Leerders het dit geniet om die diere van nader te bekyk.

Related Articles

Back to top button