Local newsNews

Stywe lyne vir Balfour Hengelklub

Die klub sê hul dag-en-nag kompetisie by die Vaaldam het vir groot sport gesorg.

Die Balfour Hengelklub het onlangs ’n dag-en-nag kompetisie by Miemiesdal, Vaaldam, gehou.

Altesaam 26 lede van die klub het aan die kompetisie deelgeneem. ’n Totaal van 246 visse met ’n gewig van 140.32kg is gevang.

Die wenners was soos volg:

• Senior mans: Bennie Kriel het ’n eerste plek behaal met 26 visse, ’n totale gewig van 17.542kg. In tweede plek was Jaco van der Merwe wat 17 visse, met ’n gewig van 20.793kg. Heine Terblanche was in derde plek met 18 visse en ’n gewig van 9.563kg.

• Vroue: Ingrid Kriel het eerste plek behaal met 14 visse, ’n gesamentlike gewig van 8.470kg. Sonja Brits was tweede met 14 visse met ’n gewig van 5.061kg. Zaskia Schutte het ’n derde plek behaal met nege visse teen ‘n 6.926kg gewig.

• Juniors: Jayden Nolte het eerste plek behaal met nege visse wat saam 4.928kg geweeg het. Kallie Kriel het ’n tweede plek behaal met ses visse wat saam 1.847kg geweeg het. Arno Pretorius het ’n derde plek behaal met vier visse wat saam 1.682kg geweeg het.

Van der Merwe het met die swaarste karp, 3.836kg geweeg het, asook die swaarste baber met ’n gewig van 1.566kg gespog. Nolte het die swaarste graskarp en die swaarste moddervis gevang met gewigte van 1.316kg en 0.088kg.

Terblanche het die swaarste geelvis van 0.707kg uitgetrek.

Die volgende kompetisie word op 1 Mei by Kees van der Walt gehou.

Vir meer inligting oor die klub en die kompetisies kan Lukas Scholtz by 084 757 6058 gekontak word.

Kallie Kriel het die kompetisie saam met ander lede van die klub geniet.

Related Articles

Back to top button