Local newsNews

VLU Nigel-tak geniet Koekedoor-oggend

Die lede van die VLU Nigel-tak het hulself geniet met die Koekedoor-oggend.

Die VLU Nigel-tak het onlangs hul maandelikse vergadering gehou.

Die vergadering het ook ’n Koekedoor-oggend ingesluit, wat gesorg het vir ’n vriendskaplike kompetisie tussen die vroue.

Ronel Lombaard, voorsitter van die tak, het ook twee nuwe lede, Anneliese Giezing en Minnie van Jaarsveld, verwelkom.

Amelia Roets het as die Koekedoor-kompetisie se aanbieder opgetree. Sy het die kompetisie afgeskop met ’n verduideliking en demonstrasie van hoe die koeke, wat verskaf is, versier moet word.

Die lede het ook eers geleer hoe om rose uit fondant te maak.

Daarna is die lede in vier spanne ingedeel en is daar in alle erns begin versier.

“Dit was groot pret en die dames het goed saamgewerk,” het Anna-Marie Axer van die kompetisie gesê.

Theresa Scholtz en haar span was na die afloop van die kompetisie aangewys as die wenners.

Die tak se volgende vergadering sal op 13 Mei plaasvind. Belangstellendes kan vir Anna-Marie Axer by 082 886 2002 skakel vir meer inligting.

Die twee nuwe lede van die VLU Nigel-tak is Aneliese Giezing (links) en Minnie van Jaarsveld.

Related Articles

Back to top button