CrimeNews

Diewe dra spoorlyn weg

n Enorme hoeveelheid staal is weggery.

Onherstelbare skade is aangerig toe etlike kilometer spoorlyn vermoedelik Dinsdagnag tussen Anzac en Apex gesteel is.

Volgens inligting is daar bewyse dat diewe reeds dae voor die diefstal begin het om die spoorlyn in stukke van ongeveer ‘n meter lank op te sny.

‘n Enorme hoeveelheid staal is weggery om as skroot metaal verkoop te word.

Die oorhoofse staalstrukture is ook reeds deur diewe opgesny en weggedra.

Kabels en ander voorwerpe soos sementblokke en selfs ‘n hondehok is gebruik om ‘n grondpad, wat langs die spoor loop, te versper.

Dit is vermoedelik gedoen sodat die booswigte onverstoord met hul plundery kon voortgaan.

Die gedeelte van die spoorlyn is afgesonder en die lang gras en veld vergemaklik die werk van die diewe heelwat.

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button