95 goue jare vir Oupa Ben

Barend Kleynhans, of Oupa Ben soos almal hom ken, het op 26 Januarie sy 95ste verjaarsdag gevier.

Barend, wat in 1926 gebore is, het in die Vrystaat groot geword en later in Koppies geboer. Hy woon sedert 2000 in Heidelberg op sy eie en stel nog glad nie belang om in ‘n ouetehuis te gaan bly nie.

Hy is in 1967 getroud met Bienie. Die egpaar het geen kinders gehad nie. Ouma Bienie is op die ouderdom van 91 oorlede in 2017.

Barend is nog fris en gesond en vol energie. Hy stap daagliks buite rond, getooi met sy hoed en sonbril.

Oupa Ben se interessante stories lok gereeld gaste wat kom kuier net om aan sy lippe te hang vir staaltjies van die ou dae wat hy so graag vertel.

Hy het sy 95ste verjaarsdag by sy huis gevier en heel spoggerig, sommer self die koek gesny ook.

Heraut wens Oupa Ben nog baie geseënde en gesonde jare toe.

Vol energie en ’n formidabele storieverteller staan Oupa Ben trots met sy teken wat sê “Since 1926”, sy geboortejaar.
Exit mobile version