Tennisklub soek nuwe lede

Nigel Tennisklub beplan om op 10 April ’n opedag te hou, die oog daarop om meer spelers by die klub te betrek.

Die Nigel Tennisklub het die afgelope jaar, nes enige ander sportklub, gesukkel om kop bo water te hou as gevolg van die pandemie.

Die klub het egter verskeie idees wat hulle in werking wil stel gedurende die jaar.

’n Komende opedag asook opknappings aan van die bane en klubhuis val onder die beplanning. Op 10 April sal die klub ’n ope- en maratondag hou, waarby lede van die publiek asook lede van die klub, tennis sal kan speel.

Verversings sal ook te koop wees op die dag.

Diegene wat wil deel in die dag sal kan inskryf in spanne van twee of vier. Die opedag sal omstreeks 12 uur afskop tot omstreeks 5nm.

Die publiek word ook uitgenooi om deel te word van die klub, wat elke Saterdag vanaf 1.30nm bymekaar kom om te speel. Belangstellendes wat meer inligting wil bekom is welkom om tydens die opedag hul vrae aan die klubbestuur te stel.

Kostes in verband met die ope- en maratondag is gelykstaande aan die normale besoekersfooie.

Vir ’n volwassene is die inskrywingskoste R30 en R15 per kind. Alle fooie wat ingesamel word sal aangewend word tot die opgradering en opknappings van die klubhuis.

Die klub is in kontak met die munisipale kantore in Nigel om die verwaarloosde bane op te knap.

“Ons wil graag hê dat die mense van Nigel en die omliggende omgewing moet weet dat die bane tot die beskikking van die dorp is,” het Adam Gilfillan, voorsitter van die klub gesê.

“Die klub is ook kindervriendelik, dus kan die spelers gerus hul kinders saambring. “As gevolg van Covid-19 het baie lede verlede jaar ophou speel, wat vir ons ’n probleem is.

“Ons sal graag nog mense wil betrek sodat die klub weer vorentoe kan beweeg en voortleef.”

Daar word tans ook met Nigel Stadsraad gekommunikeer met die doel om die bane te laat opknap. Daar is ook advertensieborde wat beskikbaar gestel kan word vir moontlike borge.

Indien daar enige navrae is rakende die klub en hoe om aan te sluit, of vir navrae rondom donasies en borge, kontak Adam Gilfillan by 082 454 7098 of Marius Smuts by 084 811 6515.

Adam Gilfillan hoop dat die mense van Nigel en die omliggende areas by die klub sal aansluit.
Exit mobile version