NewsSchools

Volkies spog met 100% slaagsyfer en top prestasies

Hoër Volkskool bars van trots met ’n 100 persent slaagsyfer en leerders met top prestasies.

Matrieks het van vroeg vanoggend (23 Februarie) by die skool saamgedrom vir hul langverwagte resultate.

Die bloed en sweet was vir seker die moeite werd, want elkeen van die 150 matriekulante het geslaag.

“Dit was ’n uitdagende jaar, maar die matrieks van 2020 was ’n besonderse groep. Hul positiewe gesindheid en goeie skool bywoning het vrugte gelewer en bygedra tot hul top prestasies,” het Neels de Villiers, visie-hoof, gesê.

Met die inperking moes leerders vier en ’n half ure se werk inhaal na die inperking verlaag het en het daagliks tot 3nm skool gegaan.

“Ons is uiters trots op elke leerder se toewyding en deursettingsvermoë en dankbaar vir die kundige onderwysers wat persoonlik met elke leerder gewerk het in een van die mees uitdagendste matriekjare ooit,” het de Villiers bygevoeg.

Lees meer oor die top presteerders in die Heraut uitgawe van 3 Maart.

Related Articles

Back to top button