NewsSchools

John Vorster se matrieks presteer

Hoërskool John Vorster spog met ’n 100 persent slaagsyfer vir die matriek-klas van 2020.

Die matrieks van 2020 by Hoërskool John Vorster kan ’n sug van verligting gee.

Doné Harris het drie onderskeidings verower. Haar resultate word aan haar oorhandig deur Hoërskool John Vorster se skoolhoof, Jan Nienaber.

Die matrikulante het Dinsdagoggend hul resultate by die skool ontvang.

Jasmine Mackenzie spog met vier onderskeidings. Hoërskool John Vorster se skoolhoof, Jan Nienaber, oorhandig haar resultate.

Alle matrieks van die skooljaar 2020 het geslaag, wat vir die skool ’n 100 persent slaagsyfer beteken.
Izak van der Merwe is genoem as die dux-leerder van 2020 met ses onderskeidings.

“Ons is baie trots op ons 2020 matrieks. Die 2020 skooljaar het baie uitdagings gehad, maar ons is saam met hul ouers trots dat elke matrikulant geslaag het,” het skoolhoof Jan Nienaber gesê.

Lees meer oor die skool se prestasies in HERAUT uitgawe 3 Maart.

Related Articles

Back to top button