Local newsNews

Nuwe bestuur vir Heidelberg Besigheidskamer gekies

Die Heidelberg Besigheidskamer het hul eerste vergadering vir die jaar op 9 Februarie gehou, en die nuwe bestuur is bekendgestel.

Die vergadering het oor Zoom plaasgevind en Steve Bannister was die gasheer. Suzaan Basson is bedank vir haar leiding die afgelope jaar wat gekom het met uitdagings as gevolg van die pandemie.

Yolandi Boshoff is die nuwe president en Toto Yende die visie-president. Yolandi het genoem dat een van die doelwitte vir die Besigheidskamer is om te verseker Heidelberg is dié plek om na toe te kom.

Planne vir projekte en veral die gholfdag is reeds aan die broei. Toto het genoem dat lede kan uitsien na projekte wat ’n ekonomie van werkskepping in die dorp gaan bevorder.

Die vergadering is afgesluit en Steve het die lede bedank vir hul tyd en toewyding.

Die res van die bestuurspan is Douw Bezuidenhout en Jane Langheim (gholfdag en funksies), Dilana Howel (regskwessies), Brenda Scott (Team Up to Clean Up en herwinning), Elmarie Snyders (tesourier) en Suanette du Toit (sekretaresse).

Yolandi Boshoff is die nuwe president van Heidelberg Besigheidskamer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button