Local newsNews

Ondersteun Ons Winkel, ‘n helpende hand teen armoede

Ons Winkel in die Heidelberg Forum gebou in Pretoriusstraat is een van Solidariteit se Helpende Hand winkels. 

Hanté du Toit is vir die afgelope twee jaar die eienaar van die winkel en vertel van die nood wat daar tans in ons land is.

“Daar is ‘n groei in armoede in ons land en baie huisgesinne wat honger lei.  As ek gaan slaap vanaand en weet dat een kind kon eet as gevolg van die verskil wat Ons Winkel gemaak het, is ek gelukkig,” sê Hanté.

Ons Winkel aanvaar skenkings van klere, meubels, huishoudelike items of enige items wat oorbodig is by die huis of nie meer gebruik word nie.  Sodra skenkings inkom, word dit gemerk en verkoop teen baie lae pryse.  Fondse wat deur die winkel gegenereer word, word oorbetaal aan Solidariteit wat dit dan aanwend vir projekte.

Ons Winkel in die Heidelberg Forum gebou waar tweedehandse klere, huishoudelike items en selfs meubels verkoop word ten bate van Solidariteit Helpende Hand.

Hanté het ‘n hart vir arm mense en wil graag ‘n bydra maak om armoede te beveg.  As mense werklik in nood is, is sy reg om te help.

“Vandat ek in Heidelberg aangekom het twee jaar terug was die inwoners uiters behulpsaam en elkeen se skenking word opreg waardeer.  Met die hulp van die gemeenskap was ek in staat om beddens vir mense te skenk wat op die grond geslaap het en kon ook klere skenk vir kinders wat regtig niks gehad het nie,” vertel Hanté.

Sy vertel hoe die nood daagliks meer en meer word en hoe belangrik dit is vir die gemeenskap se ondersteuning om saam ‘n daadwerklike verskil te maak om armoede te beveg.

Kom besoek Ons Winkel in Heidelberg Forum gebou in Pretoriusstraat vir ‘n verskeidenheid van tweedehandse items en ondersteun so Solidariteit Helpende Hand.

Die winkel het onlangs geskuif na Heidelberg Forum gebou waar daar meer spasie is.  Hanté hoop om met die  hulp van die gemeenskap ‘n leeshoekie in te rig in die winkel.

Hanté du Toit, die eienaar van Ons Winkel, is reg om saam met die gemeenskap armoede te beveg en behoeftiges te help.

“Ek hoop mense sal boeke, boekrakke en dalk gemaklike stoele skenk dat ek die leeshoekie kan inrig.  Mense wat as gevolg van armoede vasgekeer is in hulle huis kan hier in die winkel kom sit en ontspan terwyl hulle lees of hulle kan boeke uitneem,” het Hanté gesê. “Saam kan ons ‘n verskil maak om armoede, behoeftes en ernstige nood onder ons mense te beveg.  Ons kan dit slegs doen as die gemeenskap ons ondersteun.  Ek vra dus dat inwoners Ons Winkel kom besoek en sal bydra tot Solidariteit se projekte,” het Hanté afgesluit.

Vir meer inligting, kan Hanté by 081 276 9143 geksakel word.

Related Articles

 
Back to top button