Local newsNews

Bekende Nigeliet oorlede

Skimmie Kruger, bekende onderwyser en tennisster van Nigel, is op 6 Januarie oorlede.

Helena Charlotte Rocher is op 22 Maart 1937 in Zwartruggens gebore. Sy het by die Heidelberg Onderwys Opleidingsentrum studeer en in 1958 as onderwyser by Laerskool Tini Vorster begin, waar sy jare lank klas gegee.

Skimmie het in 1959 met Nick Kruger getrou en hulle het een dogter, Henrietta, gehad.

Sy bekwaam haar later as remediërende onderwyser en nadat sy in 1987 ‘afgetree’ het, het sy by Kleuterland en daarna Pikkewyne Kleuterskool aangesluit. Met haar passie om skool te gee, het Skimmie van 1992 tot 1997 skoolgehou tot sy uiteindelik finaal afgetree het.

Sy was ‘n uitsonderlike sportvrou en was dameskampioen by die Nigel Tennisklub. Sy was ook baie betrokke by tennis onderrig vir kinders en het verskeie toernooie georganiseer.

Met haar aftrede het sy begin rolbal speel en binne twee jaar was sy die dames-rolbalkampioen by die Nigel Rolbal-klub en het haar ook as rolbalafrigter bekwaam.

Skimmie was lief daarvoor om die ou mense te vermaak en het baie plaaslike toneelstukke geskryf en in opgetree. Sy was ook betrokke by liefdadigheidsprojekte.

Die bynaam vir hierdie Nigel “karakter” het gekom omdat sy baie lank en maer was (die Skim).

Inwoneers onthou dat sy met haar trapfiets gery het waarheen sy wou gaan. Haar energieke lewenslus en geen-nonsens houding is beskryf as ‘n voorbeeld vir baie kinders en volwassenes.

Sy word oorleef deur haar dogter en kleindogter Jodi.

Related Articles

Back to top button