Inry rapporte by Vossies

Hoërskool John Vorster het op ‘n innoverende manier rapporte op 15 Desember uitgedeel.

Om te verseker dat die Covid-19 protokol nagekom word en om ‘n groot samedromming van kinders en ouers in die skoolsaal te verhoed, het Vossie onderwysers die “Inry rapport” konsep geskep.

Onderwysers het rapport-stasies in die skool se oprit beman. Ouers het deur die oprit gery, by die kind se rapport-stasie gestop, die rapport opgetel en verder gery.

“Dit was nie die eerste keer dat ons rapporte so uitdeel nie en sal heel moontlik die nuwe normaal wees.  Ons het tydens die inperking so werk uitgedeel en ook die eerste kwartaal se rapporte.  So kan ons verhoed dat kinders en ouers in getalle saamdrom en terselftertyd bydra tot ons kinders se gesondheid,” het Karen Peachy, ‘n onderwyser, gesê.

Exit mobile version