Local newsNews

Geliefde kolonel tree af

Amanda Viljoen tree na 37 jaar uit die Suid Afrikaanse Polisie Diens.

Viljoen het haar polisie loopbaan in Springs begin. Sy het onder andere ook by Brakpan en Ratanda SAPD gewerk en met haar bevordering tot kolonel in 2017 is sy as stasiebevelvoerder by Heidelberg SAPD aangestel.

“Ek wou graag onderwys gaan studeer, maar ’n polisie luitenant wat in dieselfde straat as ek gebly het, het genoem dat die polisie vroulike lede benodig en ek het van plan verander en by die polisie aangesluit,” het Viljoen vertel.

Viljoen is 31 jaar met Naas getroud. Die egpaar het drie seuns, een dogter en drie kleindogters.

“Misdaad hou nooit op nie en daar was tye wat ek baie moes opoffer omdat ek nie my kinders se sportbyeenkomste kon bywoon of daar wees vir my man nie. Ek is gelukkig geseën met ’n baie goeie man wat my in alles ondersteun het,” het Viljoen gesê.

Die moordtoneel van drie grootmense en ’n kind in een huis het Viljoen as die mees grusame en ongenadige toneel van haar loopbaan besrkyf. Sy het ook vertel dat die polisie in Heidelberg mekaar ondersteun.

“Elke polisieman of vrou wat ooit saam my gewerk het, was almal sterre in eie reg,” het sy gesê.

Viljoen is gereed om na 37 jaar en 10 dae haar aftrede te geniet en al haar stokperdjies waarvoor daar nooit tyd was nie nou te beoefen.

“Ek is dankbaar vir die verskil wat elkeen in my lewe gemaak het. Almal wat my bygestaan het en die ure wat die lede ingesit het om die misdaad in Heidelberg af te bring. Soveel samewerking glo ek nie is daar in baie dorpe nie en agter die skerm is hier ongelooflike samewerking in Heidelberg,” het Viljoen afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button