Local newsNews

Motorfietsryers bring groot vreugde aan bejaardes

Bejaardes was lekker bederf deur verskeie motorfietsklubs.

Daar het Saterdagoggend ‘n vrolike atmosfeer by die Ebenhaeser Tehuis geheers toe die bejaarde inwoners heerlik bederf is deur lede van verskeie motorfietsklubs.

Twee-en-twintig bejaardes het elkeen ‘n geskenkpak ontvang en was omtrent in hul noppies oor die lekker bederf.

Motorfietsklubs soos Noble Ones MCC, Wise Dogs MC, Ghost Riders, Familia Riders, Wolverines, Just Numbers en Circle of Life het bygedra tot die dag en vorm deel van die First Ladies Social East Rand and Lady Presidents initiatief.

Natasha Joseph (links), Karen Brown, Elaine Jansen en Ma H het hul kant gebring en die initiatief goed ondersteun.
Dorothy Jackson (links) en Marlene van Zyl was baie ingenome met hul geskenkpakke.
Thea Malan (regs) van die Just Numbers motorfietsklub het ‘n geskenkpak aan Jakoba Goosen oorhandig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button