Suid-Afrikaanse Vroue Federasie Nigel kies nuwe bestuur.

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) se Nigel tak het onlangs vergader, waartydens ’n nuwe bestuurspan vir 2021 gekies is.

“Ten spyte van ’n uitdagende jaar, het ons ’n suksesvolle algemene jaar vergadering gehad,” het Ina Els, woordvoerder, gesê.

“Die grootste uitdaging vir 2020 was om met die pandemie steeds te kon voortgaan om 80 gesinne per maand te voorsien van kos. Terselftertyd was dit ook ons grootste sukses vir die jaar, want afgesien van die inperkings het ons nie ’n enkele maand oorgestaan om kos te voorsien nie,” het Chris Engelbrecht, voorsitter, gesê.

Die bestuurspan wat die leisels sal oorvat in Januarie 2021 is Chris Engelbrecht (voorsitter), Wilma St James (visie-voorsitter), Via Coetzee (tesourier), Lizelle van Aswegen (sekretaresse), Ina Els (hulp-sekretaresse) en Elsa Greyling (bemarking). Vir die keuringskommittee is Piet Marais en Gerda Gouws bygekies en die klerekamer sal deur Meisie Marais en Marian van der Walt behartig word.

Die diensbestuur vergadering het op 12 November by die NG Moedergemeente in Nigel plaasvind.

Ina Els kan by 072 240 0078 vir meer inligting geskakel word.  

Exit mobile version