Local newsNews

Awake SA bring hoop

Awake is ’n Goddelike beweging om mense te bereik vir die koningkryk van die Here en om alle volke en tale hoop te gee wat geestelik verswak het in hierdie moeilike tye, en om verskillende dinamiese gawes en talente bymekaar te bring om strategies en doeltreffend ’n verskil te maak waar ookal ons gelei word.

Hoekom het julle Awake SA gestig?

Ek en Steff het ons eie bediening in Heidelberg. Die Here het Vanessa Goosen en Felicia Goosen op ons pad laat kom en ons het hande gevat in eenheid om meer impak vir die koningkryk saam te maak. Ons het Awake op 20 Oktober gestig. Dit het hier in Heidelberg by die kruis op die berg begin waar ons mense wat ’n verskil wil maak en wie se harte gefokus is op onvoorwaardelike liefde vir hul medemens ontmoet het. Ons moet die verskil wees wat ons in ander wil sien.

Wat is julle missie?

Om vissers van mense te maak soos Jesus ons beveel het om te doen. Ons visie is om ’n miljoen en nog meer siele te bereik regoor Suid-Afrika vir die koningkryk van die Here en om diegene wat verswak het as gevolg van hul omstandighede weer hoop te gee en te versterk.

Wat beplan julle vir die toekoms?

Ons het begin in Heidelberg met die fokus op vier bene, wat bestaan uit:

  • Gemeenskap (behels Heidelberg dorp, skole, jonk tot oud)
  • Die boere gemeenskap en hul werkers in die omliggende omgewings van Heidelberg wat op 13 November gaan plaasvind op LEZAR Opstal om 5nm. Ons gaan saam bid en die boere bemoedig met die boodskap van hoop en eenheid. Gasspreker vir die aand is Dr Arno van Niekerk van Bloemfontein. Toegang is gratis en almal is welkom.
  • Ratanda gemeenskap
  • Weermag

En nog meer soos die Here ons lei om uitreike te doen regoor Suid Afrika.

Is julle ’n nie-winsgewende organisasie?

Ja, ons maak maar staat op donasies om nodige uitgawes te dek vir ons uitreike.

Hoe kan mense betrokke raak?

Mense kan betrokke raak deur te bid vir ons, ons finansieël te ondersteun, en deur deel te word met uitreike wat ons beplan.

Stuur ’n e-pos na info@awake.co.za of skakel ons by 082 571 5421.

Volg ons op AWAKE SA Facebook en AWAKE SA Instagram.

Related Articles

Back to top button