Golfdag ‘n groot sukses

NTT Volkswagen se Classic gholfdag het op 9 en 10 Oktober plaasgevind

Patrick Maseko en Hennie van der Merwe met 52 punte was die wenners vir Vrydag en in tweede plek was Ivan Schubach en Paul Mokoena met 49 punte. Luan en Sarina van Staden was derde met 48 punte.

Daar was ook pryse vir die langste dryf wat gewen is deur Elmarie Wentzel en naaste aan die pen op die sesde putjie was Neels de Villiers. Saterdag het ‘n mooi totaal van 52 spelers aangemeld.

Die wenners vir Saterdag was in die eerste plek John Ralph en Walter Astle met 50 punte, Luan en Sarina van Staden met 48 punte het tweede plek behaal en derde plek het gegaan aan John Gagiano en Nico van Aswegen.

Die prys vir die langste dryf het aan Francois Meyer gegaan en naaste aan die pen was Lowildo Doman.

Ivan Schubach en Paul Mokoena het tweede plek behaal met 49 punte met die golfdag op 9 Oktober.

Vir meer inligiting omtrent opkomende gholftoernooie kan Riekie Cooper by 083 611 6203 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version