Local newsNews

Man kritiek na skietvoorval

Sers. Nellie Dwaba (Nigel SAPD, woordvoerder) het bevestig dat 'n saak van poging tot moord geopen is. Op 11 Oktober by Athers Taverne in Sastristraat, is Ashwin Smith (vermoedelik in sy dertigs) twee keer in die maag geskiet deur twee gewapende verdagtes.

Smith het na die skietvoorval saam met ‘n virend vertrek, maar is agtervolg deur die twee verdagtes wat ‘n wit Corsa-bakkie met registrasie  WCY566GP bestuur het. In Northernstraat het die bestuurder van die VW Golf beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n paal vas gery. 

Smith het uit die voertuig geklim en op die grond gelê waar die ambulans hom opgelaai en na ‘n privaat hospitaal geneem het.

SAPD Nigel het inligting opgevolg en die Corsa-bakkie by Sphola se snoepwinkel gevind. Die twee verdagtes wat albei gewapen was, het op die polisie begin skiet. Die polisiebakkie is deur een koeël getref. Dit is onbekend hoeveel skote deur die verdagtes geskiet is. Die magasyn van ‘n 9mm-pistool is onder die bakkie gevind.

Geen polisielede het beserings opgedoen nie. Verdagtes het te voet weggekom.  Smith, wat steeds in die hospitaal is se toestand is ernstig.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Sers. Nellie Dwaba by 011 812 6503 of 082 773 0450 skakel.

Related Articles

Back to top button