Local newsNews

Heidelberg bejaardes ernstig beseer tydens huisroof

‘n Bejaarde ma en haar dogter moes na ‘n hospitaal geneem word vir behandeling nadat hulle ernstig beseer is in hul woning deur ‘n onbekende aantal inbrekers.

Volgens SAPD Heidelberg polisiewoordvoerder Kaptein Thivhulawi Tshilate het die huisroof en aanranding in die vroeë oggendure van 10 Oktober (Saterdag) plaasgevind.

Hy kon nie bevestig hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Dit blyk of Joyce Fourie (93) en haar dogter Sanet (60) as gevolg van ‘n geraas in hul woning (wat in ‘n kompleks is) in Kameeldoringlaan, Overkruin wakker geword het. Hulle is toe deur die inbrekers oorval en ernstig aangerand.

Die inbrekers het verskeie waardevolle items gebuit waarna hulle gevlug het. Die polisie kan nie bevestig of die aanvallers te voet of met ‘n voertuig die woonbuurt betree het nie. Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Enige persoon wat inligting het wat die polisie in hul ondersoek kan help om die aanvallers aan te keer, kan inligting by Heidelberg SAPD by 016 341 0343/0361 aanmeld. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

WENK: Wanneer inwoners persone of voertuie in hul areas opmerk wat verdag lyk, meld dit onmiddelik by die sektorhoof in jou area aan: Bergsig: George Booker 082-456-67534; Heidelberg Sentraal: Steven Olivier 082-570-2660; Rensburg: Ounie Coetzee 078-368-2857; Jordaanpark: Willem Sprong 083-611-9598; en in Overkruin skakel Francois Murphy 082-349-0420.

Related Articles

Back to top button