Pretloop om breinbeseerde kind te help

Persone kan inskryf om 50km, 21km, 10km of 5km te hardloop.

’n Pretloop, die Always Believe Run, word op 17 Oktober ten bate van Karlien Roets gehou.

Die vier-jarige inwoner van die dorp is met ernstige breinbeserings gelaat toe ’n kombuiskas op 10 Augustus 2018 op haar geval het.

Karlien, wat 24 uur per dag by haar ouerhuis versorg word, se mediese uitgawes is enorm en weens die inperking het dit ’n opdraande pad vir haar ouers, Frikkie en Karen Roets, geword.

Karen het tydens ’n vorige onderhoud aan die Herald gesê dat dit as gevolg van die inperking en Covid-19 nie moontlik was om vanjaar die normale fondsinsamelingsprojekte van die grond af te kry nie.

Haar ouers het verlede jaar ’n Always Believe-konsert by Carnival City aangebied en dit sou vanjaar weer op 30 Mei plaasvind, maar moes noodgedwonge uitgestel word.

Karen het gesê dat verlede jaar se konsert gesorg het dat twee maande se salarisse vir die verpleegsters wat na Karlien omsien gedek kon word.

“Ons hoop om soveel mense as moontlik te kry om op 17 Oktober aan die Always Belief Run deel te neem,” het Karen gesê.

Persone kan inskryf om 50km, 21km, 10km of 5km te hardloop.

Comrades atleet Ferdi van Tonder gaan op die dag van Springs na Brakpan hardloop en belangstellendes is welkom om saam met hom te hardloop of om die die pretloop virtueel in hul eie areas aan te pak.

Besighede en belangstellendes kan ook vir Ferdi per kilometer borg.

Persone wat wil inskryf of vir Ferdi wil borg of donasies wil maak kan www.karlienroets.co.za besoek of vir Karen Roets by 074 963 8955 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version