Local newsNews

Wind waai NG Kerk toring om

Skade by NG Kerk Rensburg in Romynstraat beloop duisende rande nadat 'n sterk wind op 16 September die kerktoring omgewaai het.

Die toring het met ‘n reuseslag grond toe geval en erge skade veroorsaak nadat dit op die stoep by die ingang van die kerk geval het.

Die slag van die toring wat omgewaai het, het die muur en plaveisel beskadig.

Plaveisel, die muur en toring het skade gely. “Die slag was skrikwekkend, ons het nie besef die wind was so sterk nie,” het Ds Derrick Claassens vertel. Die slag van die toring wat omgewaai het, het die muur en plaveisel beskadig.

‘n Eis is by die kerk se gebou-versekering ingedien en beloop sowat R89 000. NG Kerk Rensburg is ‘n gevestigde gemeente wat in 1950 hier gestig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button