Local newsNews

Help Solidariteit Helpende Hand om behoeftiges te ondersteun

Kontak vir Alida Reed by 082 228 3552 of ondervoorsitter Amanda Zeelie by 083 339 91688 vir meer inligting

Solidariteit Helpende Hand Boksburg het dringend skenkings van die publiek af nodig.

Donasies in die vorm van voedsel (bederfbaar of nie-bederfbaar) of ’n geldelike bydrae sal waardeer word.

Volgens Alida Reed van die plaaslike tak moet die organisasie se voedingskema ongeveer 30 meer gesinne voed weens die impak van Covid-19 op die ekonomie.

“Talle mense het hul werk verloor en kry swaar weens die pandemie. Nou probeer ons help waar ons kan, maar ons het die publiek se ondersteuning nodig. Ons het gewoonlik so 30 gesinne gevoed, maar nou staan ons oor die 70 mense by.

“As ons meer skenkings kry, sal ons meer mense deur hierdie moelike tyd kan bystaan,” het Alida verduidelik.

Sy het gesê dat lede van die publiek ook welkom is om ’n maandelikse bydrae van byvoorbeeld R50 of R100 te maak.

“Ons probeer so een maal ’n maand kospakkies uitdeel en het altyd skenkings nodig.

“Geen donasie is te klein nie en elke bietjie maak op die einde ’n groot verskil,” het sy bygevoeg.

Alida het verder lede van die gemeenskap bedank wat reeds ’n bydrae aan die organisasie gemaak het.

Die publiek word ook aangemoedig om die organisasie se liefdadigheidswinkel, Ons Winkel, in Mainstraat 49, Witfield, te ondersteun.

Enige iemand wat die plaaslike Helpende Hand-tak wil bystaan kan vir Alida by 082 228 3552 of ondervoorsitter Amanda Zeelie by 083 339 91688 kontak.

 

Related Articles

 
Back to top button