Local newsNews

Ouma Doep word 102 jaar oud

Ouma Doep glo ook dat mens gesond moet eet en dat rook en drank beslis taboe is.

Sue du Plessis, of ouma Doep soos wat baie mense haar ken, het Sondag 102 jaar oud geword.

Dié jare lange inwoner van Tweedy Park het haar verjaarsdag stil gevier aangesien dit tans nie so goed gaan met haar gesondheid nie.

Haar kleindogter, Lorraine Kotze, het aan die Herald gesê dat haar ouma die afgelope drie weke nie goed voel nie, maar dat sy steeds verkies om in haar woonstel in die Tweedy Park Kompleks te bly.

“Ons het versorgers wat permanent by haar is,” het Lorraine gesê.

Ouma Doep was tot kort voordat sy ongesteld geraak het nog op en wakker, soos almal haar geken het.

Sy het al voorheen aan die Herald gesê dat haar goeie lewe te wyte was aan haar man, Ben, met wie sy 63 jaar getroud was.

Sue du Plessis, of ouma Doep soos sy bekend is, het Sondag 102 jaar oud geword.

Sy het graag vertel hoe goed haar man vir haar gesorg het en dat hy seker gemaak het dat die egpaar ’n goeie lewe gehad het.

Ouma Doep glo ook dat mens gesond moet eet en dat rook en drank beslis taboe is.

Sy is sedert 1980 ’n inwoner van Tweedy Park, waar sy in ’n woonstel op die grondverdieping woon.

Related Articles

 
Back to top button