Local newsNews

Stortingsterrein brand: rook sorg vir groot ongemak

Die stortingsterrein is tans vir die publiek gesluit.

Die Weltevreden Stortingsterrein is vir eers vir die publiek gesluit nadat ‘n brand laat Woensdagaand by die terrein ontstaan het.

Nooddienste van die Stad van Ekurhuleni is dadelik na die toneel. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

Talle inwoners in die omgewing het misnoeë te kenne gegee en gesê dat die stikkende rookwolk groot ongemak veroorsaak.

Vanoggend het ‘n dik rookwolk steeds oor areas na aan die stortingsterrein gelê.

‘n 63-Jarige inwoner van Anzac het vanoggend aan die Herald gesê dat sy en haar gesin skaars kan asemhaal.

“Ek het al ‘n hoofpyn van al die rook en daar moet nou plan gemaak word,” het die vrou gesê.

Die Herald het meer inligting van die Ekurhuleni Metro versoek en sodra dit ontvang word, sal dit gepubliseer word.

Dit is nie duidelik wanneer die stortingsterrein weer vir die publiek oopgestel sal word nie.

Related Articles

Back to top button